
=====================================================================
Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Lag of huil oor di musiek?

Martjie Roos   toon die "stoute" tendens in ligte Afrikaanse musiek maak die kultuurbeurs plat en die geldbeurs dik.

SIT die woord g** in 'n CD se titel, vloekwoorde en 'n grappige storietjie in die lirieke en siedaar, dit verkoop soos soetkoek. Daar is 
Gatskop, Lekker stoutgattreffers, Dans jou gat af, Blaas my bal, Maak haar eina, Sies jou vark en Lag jou sopnat!

"Di soort musiek is nou wel nie opbouend vir die kultuur of 'n aanwins vir die voortbestaan van Afrikaans nie, maar feit bly staan, di 
stoute musiek maak geld," erken Ian Bossert   van Dawn-Musiek, wat Lag jou sopnat en Sies jou vark uitreik.

Die kunstenaars se name laat ook die o rek. Daar is die Langbeenspinnekoppe, die Lente-oes Boereorkes, Die Stokstyf-Dansorkes en die 
Hervormde Partytjie op Horings ...

Eers het partytjiemusiek met vertaalde Engelse treffers die plaaslike platemark getref. Maar toe besluit 'n paar platemaatskappye om CD's 
met "stout" lirieke op te neem.

Select-Musiek se partytjie-CD Bokjol het die toon aangegee. Dit het in 'n kits goue status verwerf. Bokjol 2 is ook 'n goeie verkoper. EMI 
het 'n entjie verder gegaan en die CD Maak haar eina deur die Hervormde Partytjie op Horings uitgereik. En daar verwerf hy mr as 
platinumstatus.

Tommy Dell   se Lag jou sopnat is daarna deur Dawn-Musiek uitgereik en het ook al meer as 50 000 verkope op sy kerfstok.

Die Lente-oes Boereorkes van Pretoria se album Lekker stoutgattreffers is deur die platemaatskappy Volstruisplate uitgereik. Dit bevat 
liedjies soos "Die maan skyn so helder op my po***ol", "Daar's 'n bosluis in my h**" en "Kakkabooi".

Decibel se partytjie-CD Dans Dinamiet was in die nuus toe Radio Pretoria een liedjie, Wie de hel is Annie?, weens die woord "hel" verbied 
het. Volgens Lydia Winchester, skakelbeampte van Decibel, wou hulle 'n techno-klank in Afrikaans probeer kry.

Die Langbeenspinnekoppe -- drie broers, naamlik Knopie, Vaatjie en Jaag -- se Gatskop het liedjies soos "Skommel Daardie Ding", "Vuilg*t 
Jorsie" en die "Durbanse P@%pwedstryd" wat jou ore behoorlik laat tuit.

Sandra Davies,   woordvoerder van EMI, s: "Dit lyk of Suid-Afrikaners dol is op hierdie soort musiek."

Volgens Eckard Potgieter,   eienaar van Volstruisplate, het Lekker stoutgattreffers nie net Afrikaanse luisteraars nie, maar ook talle 
Engelse luisteraars. "En glo dit of nie, maar di album het nog geen teenkanting gekry nie. Radiostasies speel dit nie, maar Leserskring 
versprei die CD."

Potgieter s Suid-Afrikaners is moeg om ernstig te wees en wil veral van al die slegte nuus en politiek ontsnap. "Die Suid-Afrikaner het 
ook nou uit die kas geklim -- daar is meer persvryheid en spraakvryheid en nie meer wette wat dit reguleer nie. Suid-Afrikaners doen 
dikwels dinge in uiterstes, en vryheid van spraak het nou met mening na die musiek oorgewaai.

"Groot platemaatskappye het nie meer die monopolie nie. Dit is maklik om met die jongste digitale tegnieke 'n CD op te neem, wat meer 
kunstenaars die geleentheid gee om musiek op te neem as ooit tevore."

Ernst Kleinhans   van Select-Musiek s Select se Blaas my bal, is gerig op die "kieliespier". "Die liedjies is suggestief, maar nie kru 
nie. Radiostasies wil nie di soort musiek speel nie, maar die plateverkope vertel 'n ander storie."

Ian Bossert van Dawn-Musiek gee toe die stout tendens in die plaaslike musiekbedryf is eintlik "hartseer". "Ons probeer om die kultuur op 
te bou en reik pragalbums uit wat luisteraars nie koop nie. Suid-Afrikaners is uitgehonger om weer te lag en nou word dit gedoen met musiek 
en grappe." Martjie Roos   is verbonde aan Kalender, Beeld se bylae oor kuns en vermaak.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5410.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

